Geagte Ouers

Hoërskool Oudtshoorn het landwyd ‘n uitstekende reputasie ten opsigte van akademiese standaard.   Ons as personeel gaan daarop voortbou deur middel van hoë kwaliteitonderrig – hierby ingesluit die toenemende gebruik van tegnologiese hulpmiddels.  Ons bied verder ‘n wye verskeidenheid vakrigtings aan, met die oog op groter loopbaanmoontlikhede. 

U as ouers verkies vanselfsprekend dat u kind in ‘n veilige omgewing onderrig ontvang, met gesonde dissipline en ‘n goeie waardesisteem in plek.  Hier by Hoërskool Oudtshoorn streef ons daarna om dit te bied, binne die raamwerk van die SA-grondwet en ons Gedragskode.   Ons bied ook aan al ons kinders die geleentheid om op sport- en kulturele gebied, deel te neem en te groei in hulle menswees. 

Die personeel en beheerliggaam van Hoërskool Oudtshoorn beplan alle aktiwiteite in nederige afhanklikheid van ons Hemelse Vader, wat elke dag honderde kinders oor ons pad bring. 

Struisiegroete,
C.H. DE VOS
SKOOLHOOF