Hoërskool Oudtshoorn het sy oorsprong in die voormalige Hoër Seuns- en Hoër Meisieskool wat beide meer as 100 jaar gelede in die dorp tot stand gekom het. Hierdie inrigtings het deur die dekades saam met die dorp ontwikkel en duisende jongmense met trots die volwasse lewe ingestuur.
 
In 1963 het die twee skole geamalgameer en sedertdien is met toewyding voortgebou op die pragtige tradisies van albei. Baie van ons oudleerders het reeds op 'n wye verskeidenheid terreine bydraes gelewer tot die ontwikkeling van die Republiek van Suid Afrika.